Welkom by 'n opwindende nuwe gebeurtenis aan die Universiteit van die Vrystaat!!
Ons begin tans 'n splinternuwe projek, naamlik 'n model van 'n gemengde manier van leer. Dit beteken dat jy die heel beste leerervaring gaan beleef. Ons bied jou 'n verskeidenheid maniere waarop jy kan leer en studeer.
Wat is WebCT en wat kan jy daarmee maak?
Web Course Tools (WebCT) is programmatuur wat gebruik word vir die bestuur van Wêreldwye Web-gebaseerde (WWW) onderrigomgewings. Dit word deur meer as 2200 instellings in 80 lande wêreldwyd gebruik. Dit vergemaklik e-leer omdat verskeie hulpmiddels soos chat, email, assessment, diary, ens. in 'n beskermde omgewing beskikbaar is. (Hulptoonbank)
e-Swot Hulptoonbank
WebCT kan gebruik word om volledige kursusse heeltemal aanlyn te verskaf, of slegs materiaal te verskaf wat bestaande kursusse aanvul. Die student het baie min tegniese kennis nodig om WebCT te kan gebruik.
Hoe begin ek?
Jy kan op die kampus (rekenaarlabs of jou koshuis) werk, of jy kan by die huis werk. Jy het 'n Novell gebruikersidentiteit (UserId) en wagwoord (Password) nodig om by die universiteit se netwerk (Novell) aan te teken. Jy het ook 'n WebCT gebruikersidentiteit (UserId) en wagwoord (Password) nodig. Die stappe: Lees meer (Pdf)
Hulptoonbank
Kamer 304, vlak 3 in the Sasol Biblioteek
(051) 401-9452
e-pos ehelpdesk.rd@mail.uovs.ac.za
Studente E-Leer ontwikkeling
E-Leer Geletterdheids opleiding program:
- Inleiding tot WebCT
- Inleiding tot MS Word
- Inleiding tot PowerPoint
- Inleiding tot Excel
Studente moet vooraf hulle plekke bespreek by die Hulptoonbank, kamer 304, vlak 3 in the Sasol Biblioteek. Studente moet vooraf seker maak dat hulle Novell wagwoord werk. Vir enige navrae kontak die e-Swot Hulptoonbank, (051) 401-9452 OF e-pos ehelpdesk.rd@mail.uovs.ac.za
Ander Rekenaargeletterdheidskursusse
BRS111 (2007) : INLEIDING TOT REKENAARGEBRUIK - MODULEHANDLEIDING
|