| Loopbaan-geleenthede
|
In hierdie fakulteit bestudeer ons nie net die hofverslae nie. Ons rus u toe met die kritiese ingesteldheid wat vir die regspleging benodig word. Van LL.B. tot LL.D., tot voortgesette regsopleiding tot nagraadse studies in finansiële beplanningsreg – in ons fakulteit sal u al die toerusting vind wat nodig is om u na sukses in die hoogs gespesialiseerde regswêreld te lei. As u die visie het, ons het die programme om u 'n glans toekoms te verseker.
Hierdie fakulteit bied 'n reeks regsgrade aan, ook binne 'n verskeidenheid van sentrums en eenhede, waardeur u die bevoegdheid kan bekom om as 'n regsprofessionele praktisyn te kan optree.
‘n lewenslange student te wees deur die bevoegdheid om op hoogte te bly van die nuutste regsontwikkelinge;
-
as verantwoordelike burger deel te neem in plaaslike, nasionale en wêreldwye gemeenskappe;
-
as regspraktisyn sensitief te wees vir kulturele- en etniese diversiteit in die gemeenskap;
-
opvoedkunde en loopbaanmoontlikhede te verken en entrepreneuriese vaardighede te ontwikkel.
Die suksesvolle regstudent sal spesifiek in staat wees om:
-
regsprobleme te identifiseer en op te los deur krities en skeppend te dink;
-
persoonlike en professionele aktiwiteite op verantwoordelike etiese en effektiewe wyse te benader en te bestuur;
-
effektiewe regsnavorsing te doen deur die insameling, analisering en kritiese evaluering van inligting;
-
effektief skriftelik en mondeling te kommunikeer;
-
effektief mee te werk met ander in die samelewing;
-
tegnologie effektief en verantwoordelik te gebruik tot voordeel van die gemeenskap as geheel;
-
die reg as ‘n komponent van ‘n stelsel van interafhanklike sisteme te sien binne die gemeenskap waarbinne probleemoplossing nie in isolasie kan geskied nie.
Met 'n regsgraad kan u die loopbaan van u drome uitkies. Studies met die oog op 'n LL.B.-graad beteken nie noodwendig dat u 'n prokureur of 'n advokaat moet word nie. Met gespesialiseerde kennis kan regsgegradueerdes in 'n wye verskeidenheid van professies suksesvolle loopbane hê - as regspraktisyns, regsadviseurs, arbeidskonsultante, menslike hulpbronbestuurders, openbare vervolgers, landdroste, versekerings- en bank-bestuurders, diplomate en akademici.
Die fakulteit streef met uitnemende onderrig en opleiding daarna om hoogs bekwame kandidate, wat toegerus is met internasionaal erkende kwalifikasies, aan die professies en die gemeenskap te lewer.
Bestudeer die LL.B. en/of B.Com. LL.B. graadrigtings aan die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein) en bekwaam uself om `n regspraktisyn te word in die onderstaande beroepsvelde:
|
Openbare Sektor Regsadviseurs
|
Private Sektor
Regsadviseurs
|
Regsprekende Beamptes
|
|
Ø Nasionale vlak van Regering
Staatsregsadviseurs in elke Departement -
Nasionale Verdedigingsmag
Polisiedienste
Korrektiewe Dienste
Landbou en Grondsake
Justisie
Ekonomiese Sake
Inkomstebelastingdiens
Omgewingsake
Binnelandse Sake
Buitelandse Sake (Internasionalereg)
Handel en Nywerheid
Arbeid
Nasionale Onderwys
Vervoer, Paaie, Skeepvaart, & Lugvaart
Doeane en Aksyns
Staatsprokureurs en Vervolgingsgesag
Gesondheid en Maatskaplike Dienste
Uitsaaiwese
Ø Provinsiale regeringsvlak
Elke Departement het `n regsafdeling met regsadviseurs
Ø Plaaslike Owerheidsvlak
Streekvlak Regsadviseurs
Stadsregsadviseurs
Munisipale Regsadviseurs
|
Openbare en Privaat Maatskappye
Bankwese
Versekeringsbedryf
Sake & Fabriek sektore
Universiteite en Kolleges
Eiendomsbedryf & Boedelbeplanners
Sport Liggame & Organisasies
Vakbonde
Arbiters en Bemiddelaars
Kerkregtelike Adviseurs
Internet (Kuberreg) regsadviseurs
Doserende personeel aan Universiteite
|
Landdroshowe
Streekshowe
Hooggeregshowe
Verbruikershowe
Inkomstebelastinghof
Appèlhof
Konstitusionele Hof
Hof vir Klein Sake
Arbeidshof
Militêre Hof
Admiraliteitshof
Hofbestuurders en
Meesters van die Hof
|
|
Prokureurs en Advokate
|
|
Patente en Handelsmerke prokureurs
Egskeidingsprokureurs
Kommersiële prokureurs
Arbeidsreg prokureurs
Notarisse & Akteuitmakers
Forensiese prokureurs
Medies-Geregtelike prokureurs
Insolvensie Likwidateurs en Kuratore
Water- en Mineraleregte prokureurs
|
Regsklerke vir Grondwethof-regters |
|
|
| Hoofnuus |
|
|
 |
|